Libmedia slaan vure dood ná groteske Moslemmassamoord in Orlando

Deel op

Die wêreld se liberale media is besig om angstig vure dood te slaan ná die groteske massamoord deur Omar Mateen op meer as 50 mans in ‘n homoseksuele kroeg in Orlando, Florida in die VSA. Mateen, wat self in die skietery deur polisie omgebring is, was ‘n uitgesproke Moslem wat reeds jare lank dreig om homoseksuele te gaan skiet. Blykbaar het hy onlangs saam met sy vrou en kind twee mans gesien wat mekaar in die openbaar soen, wat sy woede verhoog het.

Hoewel van Afghaanse oosprong, was Mateen ‘n Amerikaanse burger.

Die massamoord het wêreldwye afgryse, asook ‘n anti-Islamsentiment veroorsaak en gaan waarskynlik die kandidatuur van mnr. Donald Trump vir die Amerikaanse presidentskap bevoordeel. Die groot liberale media soos die New York Times en die Londense Guardian is daarom besig om vure dood te slaan deur die skietery op “die beskikbaarheid van wapens in Amerika” te blameer. In sy reaksie het die Amerikaanse president, Barack Obama, ook nie na die Moslemgeloof van die aanvaller verwys nie en bloot gesê dat “die owerheid nog nie tot ‘n definitiewe oordeel geraak het sover dit die skieter se motivering betref nie”, maar dat die FBI dit as ‘n terreurdaad sou ondersoek.

Die homoklub Pulse in Orlando, Florida
Die homoklub Pulse in Orlando, Florida

Obama het ook gesê dat die VSA “nie aan vrees moet toegee nie” en bygevoeg: “Dis helder dat hy iemand was wat met haat gevul was. Oor die komende dae sal ons uitpluis hoe en waarom dit gebeur het. Dit kon in enige van ons gemeenskappe gebeur het. As ‘n land, sal ons daar wees vir Orlando, vandag, môre en vir al die dae wat nog moet kom.”

Die Londense Guardian weier om die skietery op homo’s as ‘n daad te sien wat deur Islam gemotiveer is en blameer daarom die “maklike toegang tot wapens”. Die koerant sê in ‘n hoofartikel:

“Die aaklige waarheid is dat die Amerikaanse samelewing kwesbaar vir sulke aanvalle is op ‘n manier waarop ander (samelewings) nie is nie, vanweë sy geloof dat vryheid maklike, wye toegang tot dodelike wapens vereis. Terwyl dit waar is dat wapens nie mense doodmaak nie, soos die slagspreuk lui, maak mense met wapens wel mense dood, en hulle doen dit baie vinniger en meer doeltreffend as wat mense sonder wapens kan uitrig.”

Intussen het dit ook aan die lig gekom dat, selfs al sou daar geen toegang tot wapens in die VSA wees nie, Mateen wel wapens sou gehad het omdat hy vir die Britse veiligheidsmaatskappy G4S gewerk het. As gevolg van sy werk, het hy in elk geval toegang tot opleiding en wapens gehad.

Die voorval word as die ergste massaskietery in die Amerikaanse geskiedenis beskou, aangesien 50 dood en 53 gewond is toe Mateen op klante by die homoseksuele nagklub Pulse in die middestad van Orlando losgebrand het. Volgens die owerheid het hy Sondagoggend rondom 2-uur Amerikaanse tyd op die klub afgestorm en begin vuur. Hy is later deur ‘n polisietaakmagspan op die toneel doodgeskiet.

Volgens die TV-netwerk NBC News, het Mateen oomblikke voor hy begin skiet het, die noodnommer 911 geskakel en sy trou aan die leier van die Islamitiese Staat bely. Volgens mnr. Adam Schiff (D-Kalif.) in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers en lid van die Huis-inligtingskomitee, is hy ook in ‘n verslag vertel dat die skieter “sy verbintenis met ISIS verklaar het”.

Dit blyk ook dat Mateen reeds verskeie kere op die radarskerm van die Amerikaanse veiligheidsdienste beland het weens sy radikale Islamitiese uitsprake op sosiale media, maar dat dit nie belangrik genoeg geag is nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.