Orlando-skieter het veiligheidsklaring van G4S gehad

Deel op

Die gewapende Moslem wat 50 gays in `n nagklub in Orlando in Florida doodgeskiet het, het so onlangs as 2013 sekerheidsklaring van sy werkgewer, die internasionale veiligheidsmaatskappy G4S ontvang.

Die 29-jarige Omar Mateen het twee keer veiligheidsklarings ontvang.

Die Amerikaanse speurdiens, die FBI sê Mateen is in 2013 en weer in 2014 ondervra nadat hy aan sy mede-werkers aangedui het dat hy militante groepe steun.

Hy het Sondag met ‘n handwapen en geweer in die gay nagklub losgebrand.

Die aanvaller, wat deur die polisie doodgeskiet is, het ook ‘n onbekende toestel aan sy lyf gebind gehad. Die voorval word as ‘n binnelandse terreurdaad ondersoek.

Talle gays is ook gewond in die aanval.

Dit is die mees moorddadige aanval sedert 9/11 op Amerikaanse grondgebied. ‘n Noodtoestand is in Florida verklaar in wat beskou word as die ergste massa-skietery in onlangse geskiedenis.

Mateen is ‘n Amerikaanse burger en kind van ‘n immigrante-egpaar uit Afghanistan.

Hy het by ‘n aftree-oord in die suide van Florida gewerk.

Die Islamitiese Staat (ISIS) het vroeër deur sy nuusagentskap aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar.

Amerikaanse owerhede probeer die militantegroep se betrokkenheid by die aanval onderspeel, maar NBC het berig dat die skieter trou aan ISIS gesweer het voor die aanval.

Pres. Barack Obama het nie een keer na Moslems of Islam in sy verklaring oor die skietery verwys nie, maar “wapens” verantwoordelik gehou.

Bernie Sanders het ook die term “radikale Moslems” heeltemal vermy en wapens die skuld gegee. “Ek glo dat in hierdie land, moet ons nie outomatiese wapens verkoop wat ontwerp is om mense dood te maak nie,” het Sanders na die skietery gesê.

Hillary Clinton wil die VSA se inname van sogenaamde vlugtelinge uit die Midde-Ooste dramaties verhoog gedurende ‘n eerste termyn as sy verkies word, maar die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat, Donald Trump het ongebreidelde immigrasie skerp geskritiseer.

In reaksie op die nagklubskietery het hy gesê dit was die werk van Islamitiese militante.

Hy het ook later op sosiale media sy ondersteuners daaraan herinner dat hy reg was met sy waarskuwings teen radikale Islamitiese terreur.

Trump het in Desember, nadat 14 mense in Kalifornië doodgeskiet is, voorgestel dat Moslems verbied word om Amerika binne te kom. Hy het dit na die jongste skietery herhaal.

Trump skryf op Twitter dat die Amerikaanse leierskap swak is in ‘n tyd wat hulle onversetlik behoort te wees.

Hy het sy verkiesingsveldtog vanaand in New Hampshire weens die skietery gekanselleer, maar sal steeds vanmiddag by die Anselm-kollege praat.

Owerhede in Santa Monica, Kalifornië het intussen plofstof sowel as wapens en ammunisie Sondag in die motor van ‘n Moslem gekry wat hulle vertel het hy beplan om ‘n vriend by die gayfees in Wes-Hollywood op te soek, het ‘n Amerikaanse wetstoepassingsbron gesê.

Federale en plaaslike wetstoepassers het besluit teen die kansellasie van die jaarlikse gay-optog wat Sondagoggend onder strenger sekuriteit plaasgevind het.

Ondersoekbeamptes is nou besig om uit te pluis wat gebeur het, maar probeer ontken dat daar enige verband tussen dié voorval en die slagting in Orlando, Florida is.

Die polisie het op ‘n wenk gereageer dat ‘n verdagte man in Santa Monica opgemerk is. Sy naam is nie bekend gemaak nie.

Beamptes het die motor geïnspekteer en ‘n hele paar wapens gekry, waaronder drie gewere, een van hulle ‘n aanvalsgeweer en ‘n bestanddeel wat gebruik kan word om ‘n pypbom te maak, het ‘n bron gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.