EgyptAir voer noodlanding uit na bomdreigement

Deel op

‘n Egiptiese passasiersvliegtuig van EgyptAir, onderweg van Kaïro na Beijing, het gisteroggend ‘n noodlanding in Urgench in Oesbekistan uitgevoer nadat ‘n bomdreigement ontvang is.

Die vliegtuig het 118 passasiers en 17 bemanningslede aan boord gehad en almal is na veiligheid gebring, het ‘n Oesbeekse woordvoerder gesê.

‘n Woordvoerder van EgyptAir het later aangekondig dat geen bom aan boord die Airbus A-330-220 gevind is nie.

Passasiers is ook deursoek voordat die vliegtuig, vier ure nadat dit geland het, weer opgestyg en die vlug na die Chinese hoofstad hervat het.

Volgens amptenare het die Kaïro-lughawe ‘n anonieme telefoonoproep ontvang waarin aangevoer is dat ‘n bom aan boord van die vliegtuig is.

Amptenare het die vlieënier gekontak en opdrag gegee om by die naaste lughawe te land.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.