Fitch behou Suid-Afrika se kredietgradering

Deel op

Die Rand het tot sy beste vlak in vyf weke verstrek nadat die graderingsagentskap, Fitch Suid-Afrika se kredietgradering behou het.

Die Suid-Afrikaanse geldeenheid het teen R14,70 teen die dollar verhandel wat die beste sedert 4 Mei is.

Adjunk-president Cyril Ramaphosa het die sakesektor, arbeidsorganisasies én die regering gevra om saam te werk om ‘n rommelstatusgradering in die toekoms ook af te weer.

Hy het in Sandton gesê harde werk en samewerking tussen die verskillende sektore in die land, het tot die Fitch-graderingsagentskap se besluit bygedra.

Ramaphosa sê die samewerking tussen die minister van finansies, sakeleiers en arbeidsleiers vir die eerste maal in die land se geskiedenis, het verseker dat die land nie tot rommelstatus afgegradeer is nie.

Cosatu het Fitch se besluit verwelkom, maar sê dit moet nie slegs die doelwit wees om dié agentskappe gelukkig te hou nie.

Fitch het Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat op BBB-minus met bestendige vooruitsigte. Die agentskap het egter gewaarsku dat die lae groei in die BBP ‘n risiko inhou.

‘n Woordvoerder van Cosatu, Sizwe Pamla sê noudat die agentskappe Suid-Afrika ‘n blaaskans gegee het, moet ‘n werksberaad gehou word om te verseker dat daar nie so baie werksverliese is nie.

Die Rand het vroeër met sowat ses persent toegeneem het nadat Standard and Poor’s Vrydag besluit het om ook Suid-Afrika se kredietgradering te behou.

Woensdag se besluit deur Fitch is wyd verwelkom, alhoewel voorwaardes gegee is dat Suid-Afrika voor Desember hervormings sal moet instel en die ekonomie stimuleer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.