Polisielid vas vir toerusting wat dwelms vervaardig tuis

Deel op

Vyf mense – onder wie ‘n polisiebeampte – is in hegtenis geneem nadat die polisie op ‘n kleinhoewe toegeslaan het in gauteng.

NUUT!

Tydens die klopjag by De Deur, buite Johannesburg is beslag gelê op Mandrax-tablette ter waarde van R100 miljoen.

Die Valke het tydens ‘n klopjag op die perseel ook ‘n laboratorium vir die vervaardiging van dwelms ontdek.

Die 59-jarige polisielid was by die Orlando- polisiekantoor in Soweto gestasioneer.

Mandrax én toerusting om dwelms te vervaardig is na bewering ook by sy huis gevind.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.