AU hoop om medisyne deur AMA te reguleer

Deel op

Die Afrika Medisyne Agentskap (AMA), sal uiteindelik geloods word aan die einde van 2018.

AMA is bedoel as ‘n orgaan van die Afrika-unie, met ‘n wetlike mandaat van die lidstate om ‘n platform vir koördinering en bevordering van inisiatiewe te skep wat medisyne reguleer.

Die agentskap sal sal hulpbronne saamsnoer en ook plaaslike regulatoriese sentrums ondersteun wat geïdentifiseer sal word deur Afrika Medisyne Regulerende Harmoniseringsprogram.

Dit sal dien as ‘n katalisator vir ‘n sterker regulatiewe toesig om swak mediese produkte te beperk en hopelik plaaslik vervaardigde medisyne veral vir Afrikasiektes stimuleer.

Driekwart van die wêreld se bevolking is in ontwikkelende lande. Maar hierdie lande is verantwoordelik vir minder as 10 persent van die globale farmaseutiese mark.

Tien lande – Algerië, Egipte, Kenia, die Ivoorkus, Libië, Marokko, Nigerië, Suid-Afrika, Soedan, en Tunisië – deel die 70 persent van die $20,8 miljard se farmaseutiese mark.

As gevolg van ekonomiese groei, sal die mark na verwagting toeneem tot 35 miljard dollar in 2018. Daar word beraam dat ongeveer 95 persent van API (aktiewe farmaseutiese bestanddele) en 75 persent van die finale produkte ingevoer word van buite die kontinent.

“Sub-optimale belegging in die lewering van gesondheidsorgstelsels gaan voort om vooruitgang in Afrika te belemmer nie net in die ekonomiese potensiaal van gesonde menslike kapitaal nie, maar het ook invloed op ander sektore van reeds brose ekonomieë van lande.”

Terwyl Afrika verantwoordelik is vir 69 persent van die wêreld se 40 miljoen mense wat met MIV leef, voer die kontinent meer as 80 persent van sy anti-retrovirale middels in.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.