Clinton raap nominasie weg voor Bernie

Deel op

Hillary Clinton het die Demokratiese presidensiële nominasie voor Bernie Sanders weggeraap.

Bernie het ‘n emosionele skare in Kalifornië toegespreek na stembusse gesluit het, en gesê die stryd sal voortgaan om ‘n regering te skep wat werk vir almal, nie net 1 persent nie.

Die voormalige eerste dame en minister van buitelandse sake het haar oorwinning in die benoeming oor Sanders saam met ondersteuners in Brooklyn, NY gevier. Met sowat ‘n derde van die stemme getel in Kalifornië, het Clinton ‘n 20 persentasiepunt voorsprong bo Sanders, berig Reuters.

Sanders het belowe om volgende Dinsdag “die stryd in die laaste primêre verkiesing” voort te sit. Sanders kan sy jonger ondersteuners uiteindelik na die Clinton-veldtog oorwen, maar die Joodse sosialis spreek nie tot meer gematigde kiesers nie.

‘n Clinton-Sanders-span, met Bernie as vise-president, sal help om die twee faksies te verenig binne die Demokratiese Party wat tans onvermoeid meeding en Sanders se ondersteuners by Hillary s’n voeg.

Duisende van Bernie Sanders se ondersteuners by die saamtrek in Santa Monica, Kalifornië, het hom ná die konfrontasie met Clinton by stembusse in die Gouestaat toegejuig.

“Demokrasie is nie oor miljardêrs wat verkiesings koop nie … ons sal ‘n gebroke kriminele regstelsel beëindig. En ons sal die groot banke op Wallstraat breek,” het die senator gesê, onder luide applous wat losgebars het.

“Ons sal werklike hervorming van immigrasie en ‘n pad na burgerskap bring. En ons sal die miljardêrklas en korporatiewe Amerika dwing om hul regmatige deel van belasting te betaal,” het hy bygevoeg.

“Ons sal nie toelaat dat regse Republikeine ons regering beheer nie. En dit is veral waar met Donald Trump as die Republikeinse kandidaat. Die Amerikaanse volk na my mening sal nooit ‘n kandidaat steun wie se groot tema dwepery is nie, wat Meksikane en Moslems beledig, en vroue, en Afro-Amerikaners,” het Sanders verklaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.