Minderjarige messteker weer voor

Deel op

‘n Minderjarige swart skoolseun van Thabong in die Vrystaat sal na verwagting later vandeesmaand weer in die hof verskyn nadat hy na bewering sy vriend met ‘n mes doodgesteek het.

Polisiewoordvoerder, Mamello Mokhuoane, sê wyle Mpho Musi het die verdagte se huis op 28 Mei besoek om sy hoed by hom te kry.

Sy sê die twee tieners het glo ‘n woordewisseling gehad oor klere wat hulle aan mekaar geleen het.

Die verdagte, wat minderjarig is, se naam kan nie bekendgemaak word nie. Hy het Musi glo met ‘n mes in die bors gesteek, waarná hy weggehardloop het. Die 17-jarige Musi is op die toneel dood verklaar.

Mokhuoane sê hy verskyn weer op 28 Junie in die hof.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.