Britse kunstenaar moedig openbare geweld aan

Deel op

Die Britse straatkunstenaar Banksy moedig laerskoolkinders aan tot openbare geweld in die stad Bristol, maar met goedkeuring van staatsmedia en opvoeders.

Die BBC sê Banksy het ‘n muurskildery, van ‘n kind met ‘n brandende buiteband geskilder nadat die Bridge Farm laerskool een van die skool se huise na hom vernoem het.

Die skoolhoof het die muurskildery as “inspirerend” vir die leerlinge beskryf.

Banksy, wie se identiteit nog nie geopenbaar is nie, het ‘n boodskap gelaat vir leerlinge wat die werk Maandagoggend ontdek het.

Dit lui: “Dit is makliker om vergiffenis te kry as toestemming.”

Banksy se satiriese straatkuns kombineer politieke korrektheid met graffiti wat met ‘n kenmerkende stensil-tegniek uitgevoer word.

Een van sy bekendste werke is twee manlike polisiebeamptes wat mekaar innig soen.

Banksy,
Banksy se homo-polisiebeamptes

Sy werk wat politieke en maatskaplike kommentaar bevat, verskyn teen mure en brûe in stede oral in die wêreld, het Reuters berig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.