Gewapende rowers wat ‘n McDonald’s in Frankryk wou beroof, is verras deur die gaste in die kitskos-eetplek.
Die rowers het reeds begin skiet buite die eetplek, en kliënte het gedink dis ‘n terreuraanval.
Ten minste elf Franse Spesmag offisiere was in die restaurant ten tyde van die roof. Hulle was van diens af.
Die twee vermeende booswigte wat die tak van die kitskosketting by ‘n winkelsentrum in Besançon, die ooste van Frankryk wou beroof, was gewapen met haelgewere en het €2000 uit die geldlaai gehaal.
Maar met byna ‘n dosyn Franse paramilitêre beamptes onder die vreesbevange kliënte, het die tweetjies hulself gou in diep waters bevind.
Die lede van die Groupe d’intervention de la Gendarmerie Nationale (GIGN) se kitsmaaltye van Big Macs en skyfies is onderbreek om te verhoed dat die vermeende rowers met hul buit wegkom.
Die beamptes word dikwels beskryf as een van die mees “effektiewe anti-terreur magte in Europa, indien nie die wêreld nie”. Een van die rowers wat na die uitgang gehardloop het, het nie die deur gehaal nie en homself beseer nadat hy “by trappe afgeval het”.
En nadat die ander een vermanings geïgnoreer het om sy wapen te laat val, is hy in die maag geskiet.
Die tweede rower het die blink gedagte gekry om die offisiere met ‘n wapen te dreig terwyl hy probeer het om met kontant te vlug.
Die twee beskuldigdes, albei Moslems in hul vroeë twintigs en uit die plaaslike Mombéliard gebied, is na die hospitaal geneem Besançon vir behandeling. Die twee is buite gevaar volgens die hospitaal.
Die staatsaanklaer, me Roux-Morizot sê albei is in aanhouding en verskyn voor ‘n regter op aanklagte van gewapende roof en geweld.
Die GIGN spesialiseer in teen-terrorisme, gyselaarontsetting, beskerming van hoë regeringsamptenare en die uitroei van die georganiseerde misdaad.