Britte maak reg vir Brexit

Deel op

Brittanje hou aanstons ‘n referendum om te besluit of die land die Europese Unie moet verlaat.

Die pond het intussen verder teruggesak met die nuus dat Brittanje die EU waarskynlik gaan verlaat en die banksektor Londen is glo besig met skadebeheer.

Die koninkryk sal op 23 Junie stem daaroor en voorbereidings word reeds getref in ‘n gees van verset teen die EU wat die klein elite wat in die Unie wil bly, tot paniek stem.

Die uit-veldtog sê Europa is te duur en benadeel Brittanje se ekonomiese groei. Brittanje betaal elke week £350 miljoen aan Brussel oor vir weinig voordeel.

EU-wetgewing bedreig boonop Britse soewereiniteit, sê die Brexit-aanhangers.

EU-besluite word nie deur kiesers bepaal nie, want ten spyte daarvan dat die EU elke referendum verloor het oor soewereniteit, het hulle voortgegaan om hul eie bepalings af te dwing op lidlande wat daarteen gestem het.

Die voormalige Britse premier, John Major, het Sondag tot die vreesveldtog om Brittanje in die Europese Unie (EU) te hou, toegetree.

Hy het kiesers aangeval omdat hulle gekant is teen immigrasie en die koste verbonde aan EU-lidmaatskap en dit as “misleiding” voorgehou, iets waarmee hy self kennelik besig is.

Die EU wil lidlande dwing om immigrantekwotas te aanvaar.

Major het uitgevaar teen die “hofnar” Boris Johnson, ‘n vurige ondersteuner van die uit-veldtog en waarskynlike toekomstige leier van die Konserwatiewe Party.

“Wat hulle doen, is om die Britse publiek onakkurate en openlike verkeerde inligting te voer,” het Major aan die BBC gesê, skaars drie weke voor die referendum.

Johnson het Major se kommentaar verwerp.

Major is die enigste ander Konserwatiewe premier behalwe die huidige premier, David Cameron, wat wil hê dat Brittanje in die EU bly.

Major het gesê diegene ten gunste van onttrekking aan die EU mislei kiesers deur te sê terwyl twee-derdes daarvan as subsidies en ’n korting terugkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.