Hillary preek oor ‘ongelykheid’ in R200 000-baadjie van Armani

Deel op

Hillary Clinton het gister onder skoot gekom nadat berig is dat die presidensiële kandidaat ‘n Giorgio Armani-baadjie wat net duskant R200 000 kos tydens haar toespraak in April oor “ongelykheid” gedra het. Die pryskaartjie van die baadjie is blykbaar

Clinton, wat bekend is vir haar groot versameling broekpakke, het blykbaar haar klerekas verder verbeter tydens haar onlangse veldtog om die Demokratiese Party se presidensiële kandidaat te word, volgens die koerant The New York Post. Die Armani-baadjie se pryskaartjie is $12,495 (ongeveer R187 000). Op sosiale media soos Twitter is Clinton weens die teenstrydigheid tussen haar “gelykheidsdiskoers” en haar koninklike spandabelheid as dit by kleding kom, gekritiseer.

Blykbaar het Hillary Clinton “meer as een miljoen dollar” (oftewel R15 miljoen) aan klere bestee, volgens die politieke beeldpoetser in Los Angeles, Patsy Cisneros.

Clinton is egter nie die enigste politikus wat haar klerekas vir die veldtog opgekikker het nie. Sarah Palin het $150 000 (R2,2 miljoen) se klere van die Republikeinse Nasionale Komitee as geskenk ontvang tydens haar veldtog vir die visepresidentskap in 2008, volgens die New York Post.

Net so word die Republikeinse kandidaat Donald Trump dikwels in Brioni-pakke gesien, wat $7000 (R104 000) elk kos.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.