Groot swaargewigkampioen groet

Deel op

Die voormalige swaargewig bokser Muhammad Ali het in die ouderdom van 74 aan longkomplikasies gesterf in die VSA.

Ali het vroeër in ‘n onderhoud gesê integrasie beteken dat verskillende rasse met mekaar moet trou, maar dit moet verhoed word omdat dit nie natuurlik is nie.

Hy het aan die BBC gesê geen witte “by sy volle verstand” wil toesien dat sy kinders met swartes trou nie. Daaruit word kleinkinders voortgebring met kroeshare, het hy gesê.

Hy het die linkse BBC-onderhoudvoerder ook van skynheiligheid oor die kwessie beskuldig en gesê swart en wit is verskillend omdat God dit so bepaal het en nie die gemeenskap nie.

Gebore Cassius Marcellus Clay, het Ali se roem begin toe hy onverwags in 1960 die liggewig-titel gewen het tydens die Olimpiese spele in Rome.

Met sy bynaam ‘The Greatest’, het die Amerikaner Sonny Liston in 1964 geklop om sy eerste wereldtitel te wen.

Hy het die eerste swaargewig bokser geword om drie wereldtitels in die kategorie te wen.

Hy het in 1981 afgetree met ‘n rekord van 56 oorwinnings in 61 professionele boksgevegte agter sy naam.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.