SA se kredietgradering onveranderd

Deel op

Die kredietgraderingsagentskap, Standard and Poor’s het Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd gelaat. Die huidige gradering is BBB-minus met ‘n negatiewe vooruitsig.

Die agentskap het nogtans gewaarsku dat enige tekens van politieke omwenteling wat die ekonomiese beleid kan ondermyn, daartoe kan lei dat ‘n afgradering later vanjaar gedoen kan word.

Nog ‘n agentskap, Fitch se gradering word dié week verwag.

Die minister van finansies, Pravin Gordhan het die besluit verwelkom en gesê die besluit toon dat die land se ekonomie veerkragtig is.

Gordhan sê ekonomiese groei moet in die volgende paar maande uitgebrei word om te verseker dat die krediet nie in Desember afgegradeer word nie.

S&P se besluit is soortgelyk aan die van Moody’s wat die land se gradering op ‘n kerf bo rommelstatus met ‘n negatiewe vooruitskatting gelaat het.

Moody’s het Suid-Afrika se gradering verlede maand dieselfde gehou, maar die ekonomiese vooruitskatting na negatief verander.

Die Rand het kort na die aankondiging teen die dollar gestyg wat op ‘n stadium meer as twee persent beter was as die dag tevore se verhandeling.

Ekonome meen die land huiwer op die rand van ‘n resessie en dat ‘n afgradering die ekonomie in ‘n resessie sal indwing.

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het gesê Standard en Poor’s se besluit is ‘n mylpaal op die weg na sterker ekonomiese groei.

Basa het in ‘n verklaring gesê daar moet nog harder gewerk word om volhoubare groei te verseker en dat fiskale dissipline en beleidsekerheid kritieke voorvereistes vir groei is.

President Jacob Zuma het ook Standard en Poor’s se besluit verwelkom en het in ‘n verklaring die regering, sakelui en georganiseerde arbeid geloof en sê die afgelope maande se samewerking het daarin geslaag om die ekonomie op ‘n herstelpad te plaas.

Zuma sê deur samewerking kan ekonomiese groei aangewakker word, beleggings gelok word en werkskepping verbeter.

Die Kamer van Mynwese het ook die graderingsbesluit verwelkom en sê dit gee die land ses maande grasie om die situasie te verbeter.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.