Welkom-polisie lê beslag op kos vir onwettige myners

Deel op

Welkom se polisie het ‘n groot hoeveelheid voedselpakkette en sigarette ter waarde van sowat R500 000 wat bestem is vir onwettige mynwerkers wat ondergronds werk in beslag geneem, het die Vrystaatse polisie Saterdag gesê.

Katlego Sekuriteit se beamptes wat die St Helena-myn se perseel in Welkom oppas, het Saterdagoggend vroeg ‘n wit bakkie opgemerk wat mense aflaai.

Die bakkie het weggery en ‘n kort rukkie later het ‘n groot wit vragmotor aangekom en geparkeer langs die St Helena-myn se Skag 10, ‘n ventilasieskag.

Netjies verpakte kos vir die onwettige mynwerkers ondergronds is met die vragmotor vervoer.

Die bestuurder het te voet gevlug en verdwyn in die donker nadat hy opgemerk is deur die sekuriteitsbeamptes.

Die kospakkies is meestal gemerk vir ‘n “Themba Kaba”.

Welkom se polisiebeamptes is na die toneel ontbied en die pakkette is gekonfiskeer.

Die pakkette bevat, onder andere, pakkies grondboontjies, 500ml bottels Coca-Cola en Stoney-gemmerbier, 1kg pakkies mieliepap, aarbeiroomkoekies, Bull Brand se gepekelde vleis, en sigarette, met ‘n straatwaarde van sowat R500 000.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.