Vloede teister Frankryk

Deel op

Frankryk en Duitsland gaan gebuk onder oorstromings en riviere wat hul walle oorstroom, het Reuters berig.

Sentraal-Europa ly al die ­afgelope week onder hael, sterk winde en deurdringende reën.

Die suide van Duitsland en Sentraal-Frankryk is die jongste gebiede wat getref is.

Die Seine in Parys is op die vloedvlak en het op plekke sy walle oorstroom. Kunswerke moes inderhaas uit die Louvre Museum verwyder word.

Sowat 20 km suid het die Yvetterivier sy walle oorstroom en die Paryse voorstad Longjumeau is kniediep in die water.

In Nemours, nog verder suid, moes mense per boot gered word nadat die Loingrivier ver bo sy vloedvlak gestyg het.

Nog oorstromings en stormskade is moontlik.

Die Duitse dorp Simbach am Inn in Beiere, op die grens met Oostenryk, is swaar getref toe water in die strate afgestroom het.

Die water het modder, bome en motors meegesleur.

Braunsbach, in die suide van Duitsland, is nou vol klippe en verwoeste voertuie.

Die water in Triftern, ook in Beiere, is diep genoeg om voertuie te laat verdwyn.

Frankryk, Oostenryk en Duitsland is in onmiddellike gevaar, maar die Alpe en die suidooste van Europa kan ook bedreig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.