‘Die kopdoek is ons kroon’

Deel op

Die ANC se Vroueliga het die dra van kopdoeke vanaf Vrydag tot Sondag aangemoedig, het die leierskap van die organisasie Sondag gesê.

“Ek dra die kopdoek al vir ‘n lang tyd, so ek is bly dat ek nou meer geselskap sal hê wat dit sal dra. Dit is belangrik om te demonstreer, uiterlik dra ons kopdoeke, omdat ons dit nou doen vir die ANC,” het die Afrika-Unie voorsitter Nkosazana Dlamini-Zuma gesê aan honderde vroueliga-lojaliste met die afskop van die “Kopdoekveldtog”.

Die vroueliga in KwaZulu-Natal het ter herdenking van die Soweto-opstand 40 jaar gelede asook die Vroue-optog 60 jaar gelede die Kopdoekveldtog by die Durbanse stadsaal geloods.

Dlamini-Zuma het gesê dit is hul verantwoordelikheid om kopdoeke oor naweke te dra ter ondersteuning van die regerende party en die Vroueliga.

Sy het bygevoeg dat sy bly is dat baie ander vroue “die kopdoek gaan dra”.

Verlede maand het ‘n eNCA-verslaggewer ‘n uitval met haar werkgewer gehad oor ‘n kopdoek. Haar video-insetsel is glo onttrek omdat sy ‘n Afro-hooftooisel gedra het.

Nontobeko Sibisi beweer in ‘n e-pos aan haar kollegas dat haar insetsel van die lug gehaal is sonder haar medewete want “vir nege sekondes uit ‘n stuk van ‘n sowat drie minute, verskyn ek geklee in ‘n doek”.

In reaksie hierop het eNCA se redakteur Anton Harber teruggekrabbel oor die kopdoek.

Hy het verklaar dat daar ‘n beleid is “oor hoe verslaggewers en ankers moet kyk op die lug en dit sluit allerlei haarversierings in”.

‘n Bespreking is inderhaas geïnisieer oor die sogenaamde riglyne het Harber bygevoeg, kennelik om swart gemoedere te kalmeer.

Sondag het Fikile Masiko, sameroeper vir die Young Women’s Desk, beklemtoon dat sy trots is op die kopdoek: “Ons wil hê eTV moet weet dit is nie iets wat ‘n onderdrukking of onprofessioneel vir ons is nie.”

“Dit is ons kroon.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.