Stakende lede van Nehawu by die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê hulle sal met hul optrede voortgaan totdat daar aan hulle eise voldoen word.
Die staking het vir ‘n tweede dag voortgeduur terwyl loononderhandelings gevoer is.
Nehawu se provinsiale organiseerder, Jabu Makhubo, sê lede van die Qwaqwa-kampus van die UV het nou ook begin staak. Hy sê werkers sal terugkeer werk toe nadat ‘n skikking bereik is.
“Ons wil ‘n memorandum Vrydag oorhandig en ons moet voortgaan om te onderhandel. Ons het vir die universiteit vertel wat ons wil hê om dit op te los, 7.15% of so, maar ons is bereid om te onderhandel. Partye moet bereid wees om te onderhandel.”
Intussen het universiteit se woordvoerder, Lacea Loader, gesê die protes het nog geen effek op die akademiese of eksamineringsproses tot dusver gehad nie.