Sterrekykers sal kon Donderdagaand teen ‘n donker naghemel ‘n helder Saturnus bewonder.
Naas Jupiter en Mars, was Saturnus die helderste voorwerp in die hemelruim en boonop heelnag sigbaar.
Saturnus se ringe en sy helderste mane was besonder sigbaar en sal deur Junie en Julie helder bly.
Saturnus is, van die aarde se oogpunt, presies aan die teenoorgestelde kant vanaf die son, maar sy naaste punt aan die aarde bly steeds tien maal die afstand wat die aarde van die son geleë is.
Opposisiestand lei daartoe dat Saturnus se “gesig” ten volle deur die son verlig word, wat ‘n uitstekende kans aan sterrekykers bied om die planeet met die oog, deur verkykers en teleskope te bestudeer.
Boonop kom Saturnus op soos die son ondergaan en gaan onder sodra die son opkom.
Die gebeurtenis volg kort ná Mars op 22 Mei vanjaar ook opposisiestand bereik het en sy naaste punt aan die aarde in meer as tien jaar bereik het.
Terselfdertyd sal die kwynende maan sterrekykers nie vanaand lastig val nie en bied ‘n ideale donker nag om om die hemelliggame te bekyk.
Jupiter en Mars ook tydens Juniemaand sigbaar. Jupiter is die helderste van die planete en skyn feitlik kort ná sonsondergang in die naghemel en gaan min of meer rondom middernag onder.
Mars, wat meestal net ‘n tikkie dowwer as Jupiter is, skyn saans bo Saturnus in die suidooste.