Noord-Korea meen Trump is ‘n wyse keuse

Deel op

Noord-Korea het sy steun toegesê aan Donald Trump, wat waarskynlik die Repu­blikeinse Party se presidentskandidaat in vanjaar se presidentsver­kiesing in Amerika gaan wees.

Trump sal volgens die Noord-Koreane Amerikaners bevry aangesien hulle daagliks in vrees vir ’n kernbomaanval deur Noord-Korea leef, het Reuters berig.

Op DPRK Today, een van die regering se mondstukke, word Trump as ’n “wyse politikus” en die regte keuse vir Amerikaners op 8 November beskryf.

Hillary Clinton, wat waarskynlik die Demokratiese Party se kandidaat en Trump se teenstander sal wees, is hardkoppig genoem weens haar voorstel om wye sanksies in te stel om die vraagstuk oor kernwapens op die Koreaanse skiereiland op te los.

Trump het vantevore gesê hy is bereid om met Kim Jong-oen, Noord-Koreaanse leier, te onderhandel om ’n einde aan Noord-Korea se kernprogram te maak en dat China ook betrokke moet raak om ’n blywende oplossing te vind.

Die Verenigde Nasies het sanksies teen Noord-Korea weens sy kernwapentoetse ingestel.

Suid-Korea en Amerika het te kenne gegee gesprekke oor die kwessie is nutteloos as Noord-Korea nie stappe doen om sy kerntoetse te beëindig nie.

DPRK Today het ook gesê Trump se voorstel om die VSA se soldate aan Suid-Korea te onttrek, die regte manier is om die twee Koreas te verenig.

“Onderhandeling is die beste opsie. Dit blyk Trump is nie die rowwe, onkundige kandidaat wat hulle sê hy is nie, maar ’n wyse politikus,” het Han Yong Muk, ’n Koreaanse akademikus in China, geskryf.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.