Angola kan nie meer buitelandse rekeninge betaal nie

Die Spaanse lugredery Iberia asook Air Namibia is van die rederye wat ernstig deur die valutakrisis in Angola geraak word.

Angola se sentrale bank beskik nie meer oor genoeg buitelandse reserwes om rekeninge te betaal nie.

Iberia sal vlugte tussen Luanda en Madrid van 1 Junie 2016 opskort en die maatskappy sal die inligting versprei aan kliënte en toeroperateurs.

Die Spaanse verklaring lui dat die besluit spruit uit die huidige ekonomiese situasie in Angola, na aanleiding van die daling in oliepryse en die gebrek aan buitelandse valuta.

Die maatskappy het gesê die klein aantal passasiers is ook nie versoenbaar met die vaste koste van die roete nie.

“Ons kliënte sal ‘n terugbetaling ontvang of aan ander maatskappye gestuur word, volgens hul behoeftes,” het die maatskappyverteenwoordiger gesê.

Die waarnemende besturende direkteur van Air Namibia, Mandi Samson, het gesê Angola skuld die nasionale redery miljoene Namibiese dollar omdat Air Namibia weier om die betaling in kwanza te ontvang.

Samson het egter twee weke gelede AirNam se bande met Angola, wat vanaf 1991 bestaan, geprys.

Die Angolese regering het betalings na buitelandse rekenings bevries en kan nie die inkomste wat Air Namibia op die Luanda-roete verdien, oorbetaal nie.

Benewens die redery se penarie, skuld die Banco Nacional de Angola (BAN), die sentrale bank, die Bank of Namibia (BoN) ook meer as N$5 miljard ná die aanvanklike omskakelingsooreenkoms tussen die twee lande se geldeenhede.

In Junie verlede jaar het die ooreenkoms tot ‘n massa-uitvloei van kapitaal uit Angola gelei.

Ingevolge die oorspronklike ooreenkoms sou die BoN elke 30 dae kwanza na die BNA terugstuur waarvoor die Angolese sentrale bank die plaaslike een in Amerikaanse dollar moes vergoed.

Die BNA kon dit egter nie bybring nie en ‘n hersiene betalingskedule van een keer per kwartaal is goedgekeur.

Benewens Angola, sukkel lugrederye ook om hul geld uit olielande soos Nigerië, Soedan en Venezuela te kry, het Iata bekend gemaak. Egipte, wat nie ‘n olieland is nie, het soortgelyke probleme maar weens onlangse vliegrampe.

Angola is sewe maande agterstallig met die uitbetaling en skuld rederye ‘n gesamentlike US$237 miljoen.

Nigerië is wat lande in Afrika betref die grootste sondaar en skuld lugrederye $591 miljoen wat ook reeds sewe maande agterstallig is.

Die regering in Venezuela is 16 maande agter met die oorbetaling van ‘n reuse $3,8 miljard wat rederye op roetes na en van hierdie land verdien het, blyk dit uit inligting wat deur Iata vrygestel is.

“Die rederybedryf is ‘n kompeterende bedryf met baie klein winsmarges. Daarom is die doeltreffende betaling van inkomste wat verdien is, kritiek belangrik. Dit is nie redelik om te verwag rederye moet in lande belê en roetes daarheen bedien indien hulle nie die geld wat hulle daardeur verdien, kan insamel nie,” het Iata se direkteur-generaal en hoof uitvoerende beampte, mnr. Tony Tyler, gesê.

Tyler het gepraat by die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) se jaarvergadering in Dublin, Ierland.

Hy het namens dié regering ‘n dringende beroep op regerings en hulle sentrale banke gedoen om die internasionale ooreenkomste wat hulle verplig om vinnige oorbetalings te doen, te eerbiedig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rifrug

    ” … wat reeds sewe maand agterstallig is.” moet eerder wees ‘maande’

  • Anton Schutte

    lovely pic of the boog in its natural habitat

  • Karel Combrinck

    Moenie worrie nie. Die Baz hy sal help.

  • Puma0163

    En steeds glo die idiotiese kommuniste in SA dat die kommunisme die beste ekonomiese bestel is!

  • Genl De Wet

    Tipies Afrika. Dit begin met ‘n groot leegheid, ‘n niks, soos ‘n ruimtelike stilte. Dan met die koms van die Europeer, begin daar ekonomiese aktiwiteite, skole, kerke, administrasie, ens. Maw uit die stilte en die niks, onstaan daar ‘n konstruktiewe stelsel. Dan volg die “herverdeling” van bates, dmv diefstal en roof en moord. Gevolg deur die humanistiese revolusie waartydens die agtergeblewenes alles moet oorneem. Sodra hulle alle fasette van die samelewing beheer en besit, word die stelsel uitgesuig en weer vernietig. Soos nou in Angola gesien word, ten spyte van die groot olievoorrade en diamante waaroor die land beskik.

  • Rooikop

    Die olieprys is gemanipuleer om vir Rusland by te kom. Nou tjop al die troetelkommies ook af. Sjeim.