ISIS teiken Irak se hoofstad

Deel op

Militante het Maandag ’n vlaag aanvalle, waarin die kommersiële deel in en om die Irakse hoofstad, Bagdad geteiken is, van stapel gestuur, het AP berig.

Minstens 20 mense is dood en meer as 50 is beseer. Die nuus kom midde aanduidings dat Irakse troepe gereed is om die stad Fallujah, wes van Bagdad, te herower. Dit is tans onder beheer van die Islamitiese Staat (ISIS).

Sowat 20 000 kinders en burgerlikes is in Fallujah vasgekeer.

Niemand het dadelik aanspreeklikheid vir die aanvalle aanvaar nie, wat die kentekens van die ekstremiste getoon het. ISIS het verantwoordelik vir verskeie onlangse dodelike aanvalle in Bagdad en elders aanvaar.

Sodanige aanvalle word gesien as ’n poging deur die militante om die weermag se aandag van die frontlinies af te lei.

Die dodelikste aanval Maandag het die noordelike Sjiïties-gedomineerde Sjaab-woonbuurt van Bagdad plaasgevind waar ’n selfmoordbomaanvaller met sy plofstofbelaaide voertuig in ’n deursoekingspunt naby aan ’n kommersiële gebied vasgejaag en die lewens van vyf burgerlikes en drie soldate geëis het.

Nog 14 mense is in die aanval beseer.

’n Selfmoord-motorbomaanvaller het ook op ’n buitemuurse mark in die dorp, Tarmijah, ongeveer 50 kilometer noord van Bagdad, toegeslaan en die lewens van vier burgerlikes en twee polisiebeamptes geëis.

Die aanvalle kom midde Irakse militêre operasies om ISIS te ontsetel en Fallujah te herower nadat die stad vir twee jaar in die hande van militante was.

Die operasie is ’n week gelede van stapel gestuur met Irakse magte wat kragte met paramilitêre troepe, met die lugsteun van die Amerikaans-geleide koalisie, saamsnoer.

Die stad is een van die laaste belangrike vestings van ISIS in die weste van Irak. Die ekstremistiese groep beheer steeds grondgebied in die noorde en weste van die land asook Mosul, Irak se tweede grootste stad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.