Trump na VK ‘n dag na Brexit-stem

Deel op

Die Republikeinse presidensiële kandidaat Donald Trump sal Skotland besoek op 24 Junie, net ‘n dag nadat die Verenigde Koninkryk stem om die EU te verlaat.

Trump sal sy Turnberry Golf Resort open in die nadraai van wat ontleders glo ‘n Brexit sal wees.

Die reis sal Trump se eerste wees sedert sy uitval met die Britse premier David Cameron oor Moslems in Desember verlede jaar.

Die miljardêr eiendomsmagnaat gaan die suidelike Ayrshire Golf Resort besoek om die seremoniële lint te sny na die baan se opknapping.

“Baie opwindend dat een van die groot oorde van die wêreld, Turnberry, sal open na ‘n massiewe belegging van £200 miljoen,” het Trump in ‘n verklaring gesê.

“Ek besit dit en ek is baie trots daarop. Ek sien uit na die bywoning van die amptelike opening van die groot ontwikkeling op 24 Junie.”

Turnberry is Trump se tweede Golfoord in Skotland, waar sy ma gebore is.

Downing Street het egter gesê die premier het geen planne om Trump op 24 Junie tydens sy besoek te ontvang nie.

Ná die skietery in San Bernardino, in die VSA in Desember verlede jaar, het Trump gevra vir ‘n “volledige verbod” op Moslems na die VSA.

Die kommentaar het gelei tot wydverspreide histerie met honderde duisende mense in die Verenigde Koninkryk wat ‘n petisie onderteken het om Trump te verhoed om Brittanje te besoek.

Trump se vyande in die media is ook raadop.

In Wallis het Alec Ross, ’n raadgewer van Hillary Clinton toe sy minister van buitelandse sake was, uitgevaar teen Trump as ‘n “vulgêre, kranksinnige varkdemoon wat slegs gewild is onder gekastreerde middeljarige mans”.

Ross het ‘n wêreldvreemde toespraak gelewer oor die sogenaamde nywerhede van die toekoms en gesê lande sonder grense sal die suksesvolste wees.

“Amerika sal meer geslote word as Trump president word.

“Oop gemeenskappe beteken dat ekonomiese en maatskaplike vooruitgang nie die domein van uitgelese groepe is nie; dit beteken dat godsdienstige en kultuurnorme nie deur owerhede alleen bepaal word nie en dat die regte van onder andere vroue, godsdiens- en rasseminderhede gerespekteer word. Die nywerhede van die toekoms, soos die gekommersialiseerde genomika, sal in die oopste gemeenskappe gekonsentreer wees.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.