Wêreld se langste treintonnel in Switserland geopen

Deel op

Die wêreld se langste treintonnel onderdeur die Switserse Alpe is dié week geopen.

Die Gotthardtonnel is by twee afsonderlike geleenthede wat gehou by elke einde van die tonnel, met besoekende staatshoofde en hooggeplaastes gevier.

Die tonnel is geopen deur die Switserse president Johann Schneider-Ammann.

By die noordelike ingang in Rynächt, Kanton Uri, het die sigbare trotse president gesê: “Vandag is ‘n geskiedkundige dag vir ons land: Ons het die Gotthardtonnel voltooi, ‘n epiese stuk ingenieurswese, ‘n projek wat oor geslagte gestrek het, vanaf die eerste voltooide sketse, tot die beplanning en konstruksie van die tonnel. Ek voel baie trots, maar ook baie nederig.”

Minister van vervoer, Doris Leuthard, het by die suidelike opening in Pollegio in die Italiaanse-sprekende kanton Ticino gepraat, en het bygevoeg dat die tonnel “ook ‘n simbool van openheid en vooruitgang” is, wat verskillende tale, kulture en volke bymekaar bring.

Dit versterk samehorigheid in Switserland en Europa en versterk die ekonomie, het sy emosioneel gesê.

Europese leiers het ‘n historiese treinrit meegemaak om die opening te vier.

Die Gotthardtonnel is 57 kilometer lank en het 17 jaar teen ‘n koste van meer as R180 miljard geneem om te bou.

Switserland sê dit sal lei tot ‘n rewolusionere benadering vir vragvervoer in Europa.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.