Die provinsies Limpopo en Noordwes kon weer nie daarin slaag om ‘n enkele munisipaliteit met ‘n skoon oudit op te lewer nie.
Dit is vervat in die Ouditeur-Generaal se verslag vir 2014/2015 wat in Pretoria ingedien is, het RSG berig.
Die verslag dui ook aan dat ‘n aantal munisipaliteite met ongekwalifiseerde oudits van 54 in die vorige geldjaar tot 72 gestyg het.
Munisipaliteite in Limpopo en Noordwes het die afgelope drie jaar ongekwalifiseerde oudits met bevindinge ontvang.
Die land se 272 munisipaliteite het ongemagtigde uitgawes van altesaam R14,6 miljard rand aangegaan.
Die Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu, het met die bekendstelling van sy verslag in Pretoria gesê daar is minstens tweeduisend dissiplinêre sake wat nog aandag moet kry.
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging, of SALGA, sê daar is ‘n aantal faktore wat betref onregmatige uitgawes.
Dit volg nadat die OG aangedui het dat die verkryging van goedere en dienste ‘n probleem bly by munisipaliteite.
Makwetu, sê tensy plaaslike owerhede meer aandag gee, sal daar altyd swakplekke wees in die tenderstelsel. ‘n Bedrag van 14 miljard rand is na bewering aan ongematigde uitgawes bestee.