Skoolregistrasie sluit vandag

Deel op

Tyd raak min vir Gauteng-ouers wat nog nie hul kinders geregistreer het vir die 2017 akademiese jaar nie.

Hulle het tot middernag vanaand (Woensdag) om dit te doen.

Meer as 670,000 aansoeke vir graad een en agt is reeds ontvang en verwerk, nadat die aanlynregistrasie in Maart van stapel gestuur is.

Ouers sonder internettoegang word aangemoedig om hul naaste skole of distrikte te besoek vir hulp.

Registrasies het wankelrig begin nadat die aanlynportaal omgeval het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.