Vigs in Indiese hospitale deur bloedoortappings versprei

Deel op

Indië se nasionale Vigsbeheerorganisasie het bekendgemaak dat meer as 2200 van sy burgers in die afgelope 17 maande die dodelike MI-virus opgedoen het tydens bloedoortappings in hospitale.

Die Organisasie het die syfers vrygestel in reaksie op ‘n versoekskrif wat deur die inligtingsaktivis, Chetan Kothari, bekendgemaak is.

Ingevolge wetgewing moet hospitale bloedskenkers en bloedprodukte toets vir MIV, hepatitis B en C, asook malaria en ander infeksies.

Indië het meer as twee miljoen mense wat met MIV/vigs besmet is.

Die grootste aantal pasiënte wat besmet is met MIV is as gevolg van besmette bloed in hospitale, veral uit die noordelike staat van Uttar Pradesh met 361 gevalle, sê Kothari.

Kothari sê die rede vir die infeksie is omdat die koste van die toetse duur is en verskeie hospitale in Indië nie toegang het tot laboratoriumgeriewe nie.

Ironies genoeg gaan talle Amerikaanse viglyers na Indië om behandeling te ontvang aangesien dit baie goedkoper in Indië is as in die VSA. Dit kos gemiddeld $30 000 per jaar in die VSA en net $100 in Indië per pasiënt.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.