Chevron-aanleg in Nigerië aangeval

Deel op

’n Nigeriese burgerregteleier en inwoner van die Niger-delta, het bevestig dat militante ’n olieaanleg van die Chevron-maatskappy in die gebied aangeval het.

Die militante, bekend as die NDA, het laat Woensdag aangekondig dat hulle die hoofelektrisiteitstoevoerlyn na die Escravos-aanleg opgeblaas het.

Die NDA sê hulle veg vir ’n groter deel van olie-wins, ’n einde aan besoedeling en onafhanklikwording van die suidelike streek, en het oliemaatskappye tot die einde van die maand gegun om aan die gebied te onttrek.

Abuja het in reaksie weermagversterkings na die gebied gestuur.

Die Britse minister van buitelandse sake, Philip Hammond, het vroeër gesê Nigerië se president, Muhammadu Buhari, moet oplossings vir die sleuteloorsake van die konflik vind.

Ruolie-verkope uit die delta, maak 70 persent van die nasionale inkomste van Afrika se grootste ekonomie uit, maar inwoners, van wie baie met die militante simpatiseer, kla reeds vir ’n geruime tyd oor die armoede wat inwoners teister.

Buhari het ’n amnestie-ooreenkoms verleng wat in 2009 met militante gesluit is, maar finansiering vir die amnestieprogram gesny en kontrakte met voormalige militante opgeskort om die pypleidings te beskerm wat in die verlede aangeval is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.