Vloede en storms teister Wes-Europa

Deel op

Vloede en storms het die lewens van minstens vier mense geëis in Duitsland.

Drie mense is in vloede in die suidwestelike Baden-Wuerttemberg-deelstaat van Duitsland dood en ’n jong meisie is deur ’n trein doodgery toe sy onder ’n treinbrug skuiling teen die reën gesoek het.

’n Man is dood in ’n ondergrondse parkeergarage toe die gebied vol water gestroom het voor hy in staat was om te ontsnap.

Saterdag het swaar weerlig in die noorde van Frankryk en suidweste van Duitsland nege mense ernstig beseer.

Stortreën in Noord-Europa het oral oorstromings in Frankryk, België en Duitsland veroorsaak.

Die rivier Seine in Parys het sy walle oorstroom, en die Franse Ope tennistoernooi in die stad moes vir ‘n tweede dag weens die miserabele weer uitgestel word.

In die middel van die land is ‘n gevangenis ontruim, met aangehoudenes wat aangery is na ander fasiliteite.

Op die Frans-Belgiese grens, het ses weke se reën binne 24 uur uitgesak.

Talle dorpe is onder die water en weervoorspellers het meer reën vir Woensdag in die vooruitsig gestel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.