Steve se byeenkoms in Den Haag gaan voort

Deel op

Die byeenkoms van die sanger Steve Hofmeyr in Den Haag tesame met Martin Bosma en ander leiers van die Partij voor de Vrijheid op Woensdagaand 1 Junie gaan voort, maar in ‘n ander lokaal. Vanweë dreigemente wat ‘n uitgeweke ondersteuner van terrorisme teen Afrikaners, Johan “Sloet” de Villiers, teenoor die restaurant Studio Dudok gemaak het, is die byeenkoms waar Hofmeyr oor “die toekoms van Afrikaners” sou praat, aanvanklik afgestel.

Martin Bosma van die PVV het egter vroeg vanoggend teenoor PRAAG bevestig dat die geleentheid voortgaan, op ‘n plek wat tot nog toe onbekend is. Hofmeyr en Bosma was gister in Antwerpen, België, waar hulle met Vlaamse politici beraadslaag het.

Op die Facebookblad van Netwerk24 is daar gister met leedvermaak gereageer op die nuus dat Hofmeyr se byeenkoms by Studio Dudok in Den Haag afgestel is. Vele van die liberale bydraers voel dis reg dat Afrikaners uitgemoor word en dat dit “tydmors” vir Steve Hofmeyr is om met Nederlanders oor die geweld in Suid-Afrika te gesels.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.