Clinton se epos-kierangs gaan braai

Deel op

Agt dae voordat Hillary Clinton in Januarie 2009 as minister van buitelandse sake aangestel is, het ’n personeellid van die voormalige president, Bill Clinton, ’n nuwe e-posadres vir die egpaar geregistreer, het AP berig.

Hierdie oënskynlik onbenullige, maar doelbewuste aanlynaankoop, is die eerste bekende aanduiding van die private e-posstelsel wat nou die wêreld vir die aanspraakmaker op die Demokratiese party se presidentsnominasie warm maak.

Die verwysing na die registrasie van clintonemail.com, weggesteek in ’n voetnota van ’n regeringswaghondverslag, was die eerste stap in die bou van ’n e-posstelsel wat die aandag van ’n FBI-ondersoek getrek het en kwelvrae oor Clinton se oordeel as Amerika se topdiplomaat opper.

In die verslag van 83 bladsye van die ministerie van buitelandse sake se inspekteur-generaal, word onder meer gevra wie kennis hiervan gedra het, watter skuiwergate daar was en die burokratiese wanbestuur wat toegelaat het dat ’n geheime stelsel, buite die normale kanale, regdeur Clinton se ampstermyn gefunksioneer het.

Die bevindinge, wat meer as ’n jaar geneem het om afgehandel te word, toon ook hoe die gebruik van private e-posse deur Clinton en ander topamptenare interne hoofbrekens vir die handjie vol beamptes van die ministerie veroorsaak het.

“Hulle was bewus daarvan en het lank probeer om aan federale kubersekuriteit en vereistes van rekordhouding te voldoen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.