Nigerië teken kernooreenkoms met Rusland

Deel op

Nigerië het `n kernkragooreenkoms met Rusland onderteken. Die koste van die projek is nie bekend gemaak nie.

Die projek sal ook as `n veelvuldige toets vir navorsing met `n reaktor-kompleks dien.

Nigerië sê die projek sal help met die gebruik van kerntegnologie op die gebiede van wetenskap, medisyne en landbou.

Die direkteur-generaal van Nigerië se kernkrag-kommissie, Franklin Osaisai sê Rusland sal die kompleks ontwerp, bou en bedryf. Die reaktor by die stad Sheba-Abuja sal slegs tien megawatt krag opwek.

Hy het opgemerk dat Nigerië, met sy groot bevolking, dit nie kan bekostig om die huidige geleentheid te laat verbygaan nie.

Hy het ook erken dat die projek teen ‘n groot koste van $80 miljard sal opgerig word, maar het bygevoeg dat die koste nie met skoon energie en voldoende elektrisiteit kan vergelyk nie.

Hoewel Nigerië ander bronne van energie het, sê Osaisai dat “gebalanseerde en gediversifiseerde energievoorsiening” noodsaaklik is “want dit is omgewingsvriendelik en lei tot ‘n beter bewaring van ander bronne”.

Nigerië was eerste in Afrika om ‘n ondersoekreaktor te bou in 2004, een van Chinese-oorsprong by Ahmadu Bello Universiteit.

‘n Militante-groep het intussen vir die derde keer in ‘n week ‘n olie- en gasaanleg in Nigerië se toenenemd geweldgesteisterde en olieproduserende suide van die land aangeval.

Nigerië se olie-infrastruktuur word met bomme gesaboteer wat veroorsaak het dat produksie van 2,2 miljoene vate per dag tot 1,4 miljoen vate per dag – die laagste in 20 jaar – gedaal het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.