Die swart Sanef-pot verwyt die swart mediaketel

Deel op

Die besluit van die SABC om nie beeldmateriaal van die verwoesting van eiendom tydens nuusbulletins uit te saai nie, is sensuur, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) sonder ironie Maandag gesê.

Die aankondiging deur die SAUK dat hulle voortaan nie beeldmateriaal van “vernietiging van eiendom” uitsaai tydens nuusbulletins nie is “jammer en skokkend”, want dit is in die “openbare belang”, sê Sanef.

Die rand het intussen verder verswak en kredietgraderingsmaatskappye wil die land na rommelstatus afgradeer.

Maar klaarblyklik is Sanef tevrede met dié stand van sake wat die geldeenheid betref.

Volgens Sanef het die apartheidsregering ook die media en veral TV-kameras blameer vir die verspreiding van swart opstande landwyd destyds. Die polisie het joernaliste toe uit gebiede waar betogings plaasgevind het, uitgehou om ‘n prentjie van “valse vrede” te vervaardig.

Daar was destyds baie minder opstande as vandag en dit is kunsmatig deur onder meer agente van die Anglikaanse Kerk aangewakker soos ons vandag weet.

Dit het direk aanleiding gegee tot die demokratiesverkose ANC-regering wat deur die Britte aan bewind geplaas is, iets waaroor hulle vandag blykbaar spyt is.

Die hoofstroommedia wat Sanef verteenwoordig is besig om irrelevant te raak juis omdat hulle nie oor nuus berig nie maar oor die ideologiese obsessie van ‘n paar mense en alle ander menings sensureer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.