Al Jazeera se anti-Zuma-onderhoud val in Afrika-anekdotes vas

Deel op

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane se onderhoud met Al Jazeera is klaarblyklik vir die anti-Zuma-kamp ‘n yslike kopseer en die rand ly daaronder.

Tydens die onderhoud met die voormalige Suid-Afrikaner en liggewigjoernalis, Jane Dutton, het Nkoana-Mashabane het daarin geslaag om byna elke draaibal-vraag oor die huidige krisisse met mening en ‘n stortvloed anekdotes terug te slaan.

Reg van die eerste kolfbeurt af, was dit duidelik dat hierdie onderhoud was nie maklik vir Dutton gaan wees nie

Die minister het Dutton uit die staanspoor reggehelp deur te sê dat sy nie “aangestel” is nie, maar verkies is deur ‘n meerderheid stemme.

Dit het Dutton, wat kennelik nie daarna ‘n tirade teen demokrasie kon loods nie, sprakeloos gelaat.

Dutton was besonder swak voorberei en kon skaars die gesprek stuur.

Nkoana-Mashabane het gereageer op Dutton se vraag oor die onlangse gevegte in die parlement met ‘n staaltjie oor die dra van water op haar kop.

“Ek en jy mag dalk in dieselfde ouderdomsgroep wees, maar jy het nog nooit ‘n waterkan op jou kop gedra nie. Ek het, toe ek 10 jaar oud was. En nie omdat ek gekies het om dit te doen nie. Ek het my verwonder oor spoeltoilette, want dit was ‘n droom vir my, maar nie vir jou nie. So [dit is] dinge wat ek en jy as vanselfsprekend aanvaar, want ons kom uit verskillende wêrelde, al kom ons uit dieselfde land,” het Nkoana-Mashabane aan Dutton gesê.

Die antwoord is op egte Afrika-wyse verbloem in ‘n metafoor wat Dutton nie gesnap het nie, maar die minister se kiesers goed begryp.

Vir die minister is Julius Malema se optrede in die parlement geen probleem nie, maar Dutton se wit Engelse houding wel.

Nkoana-Mashabane het openlik erken dat Trevor Manuel slegs aangestel is vanweë die kleur van sy (ligte) vel, en dat die president dus ook die reg het om ministers aan te stel of af te dank.

In reaksie op ‘n vraag oor die afdanking van Nhlanhla Nene, wat gelei het tot die geldeenheid wat R500 miljard in waarde verloor het na aanleiding daarvan, het Nkoana-Mashabane gesê kredietgraderings word in geen ander Afrikalande gedoen nie.

Die minister het ook geantwoord dat die land steeds deel sal bly van toonaangewende internasionale instellings soos BRICS en die G20.

Die rand het na die onderhoud teen die Amerikaanse dollar verswak in afwagting op die graderingsmaatskappy, Standard and Poor se hersiening van Suid-Afrika se kredietgradering.

Die rand het laat Maandag teen R15,82 verhandel in afwagting op die aankondiging wat na verwagting Vrydag sal wees.

Dit is bykans een-persent swakker as wat die geldeenheid Vrydag teen sluitingstyd in New York verhandel het.

Volgens ‘n onlangse opname deur Reuters sal S&P en Fitch die land se gradering tot rommelstatus afgradeer.

Fitch sal na verwagting ook sy gradering vandeesmaand bekend maak. Rand Aksepbank verwag dat die rand wisselvallig sal bly totdat die aankondigings plaasvind.

Suid-Afrika het met een plek tot die 52ste plek verbeter op die lys van die mees mededingendste ekonomieë ter wêreld.

Die land is egter steeds onder die laaste tien van 61 ekonomieë wat beoordeel word.

Amerika moes sy eerste plek aan Hong Kong afgee en is nou in die derde plek ná Switserland.

Duitsland is ook die eerste keer nie onder die top 10 nie en moet met die 12de plek tevrede wees. Die lande se ekonomieë word deur meer as 5400 vooraanstaande sakelui beoordeel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.