Hofbevel om Winburg-konsentrasiekampbegrafplaas te red

Deel op

Die Masilonyana-munisipaliteit in die Vrystaat moet binne 60 dae ‘n rehabilitasieplan saamstel om die bewaring van die Winburg-konsentrasiekampbegrafplaas te beskerm.

Dit volg ná ‘n jarelange regstryd tussen drie belastingbetalers van Winburg en die Erfenisstigting weens die munisipaliteit se swak bestuur van die terrein.

Die begraafplaas dateer uit die Tweede Vryheidsoorlog en bestaan uit gedenktekens, grafte en unieke grafstene van slagoffers wat in Winburg se konsentrasiekamp aangehou is, sowel as Britse soldate.

Die munisipaliteit moet ingevolge die hofbevel ook die gestorte rommel in die omgewing opruim, die terrein en pad daarheen onderhou, asook toesien dat onwettige gruisgrawery in die omgewing gestaak word.

Die senior bestuurder vir Erfenisbewaring, Cecilia Kruger, sê dit is ‘n oorwinning vir erfenisbewaring in Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.