Petrolskok: prys styg met nóg 52 sent per liter

Deel op

Die kleinhandelprys van petrol styg met 52 sent per liter vir alle oktaangehaltes, terwyl diesel met ‘n allamintige 76 liter per sent opgaan, het die departement van energiesake vandag aangekondig.Vanweë die styging in die ru-olieprys, asook die aanhoudende verswakking in die rand teen die vernaamste geldeenhede, het ‘n prysstyging nogmaals onvermydelik geraak.Verlede maand het 95-petrol  met 88 s/l en 93-petrol met 86 s/l gestyg.Die groothandelprys van paraffien sal met 62 s/l toeneem, terwyl die enkele maksimumkleinhandelprys met 83 s/l sal styg.Ook die prys van vloeibare gas word met 98 sent per kilogram verhoog.

Die Outomobielassosiasie (AA) het Vrydag reeds gewaarsku dat motoriste hulle sou moes regmaak vir verdere stygings in die komende maande.

Vandag verhandel die rand teen R15,76 per dollar met Brent-ruolie net onder $50 per vat. Donderdag het die markprys vir ruolie vir die eerste keer in ses maande die $50-vlak deurbreek met tekens dat die internasionale oorskot weggewerk is.

Die AA het sy kommer oor die uitwerking van die petrolprysverhoging op die ekonomie uitgespreek. Met verhoogde rentekoerse en algemene prysstygings as gevolg van die swak rand, sal verbruikers hul gordels steeds stywer moet intrek.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.