‘Boesmanteef’… nog ‘n gefabriseerde rasherrie

Deel op

In die jongste rasherrie wat deur die Suid-Afrikaanse hoofstroommedia aangeblaas word, word ‘n blanke Afrikaanse egpaar daarvan beskuldig dat hulle ‘n kleurlingvrou ‘n “Boesmanteef” by ‘n vulstasie genoem het. Die beweerde voorval word met smaak deur die Independent-groep opgedis onder die opskrif “Coloured family, white couple in ugly race attack” en blykbaar verskyn die berig ook in die Johannesburgse dagblad The Star.

Volgens The Star het ‘n dispuut ontstaan omdat die blanke egpaar se motor so geparkeer was dat die kleurlingvrou, Yvonne Moodey, 30, slegs met moeite uit die vulstasie kon ry. Sy het blykbaar aan die blanke vrou in die geparkeerde motor gesê: “Hierdie is nie ‘n parkeersone nie, hoe is ek veronderstel om uit te kom?”

Agterna het die kleurlingvrou en haar ma, Anne Hicks, 50, egter voor die blanke gesin se motor stilgehou, blykbaar “om ‘n CD om te ruil”. Toe klim ‘n Afrikanerman uit die motor en probeer hulle “aanrand” met die woorde, verwysende na die blanke vrou: “Dis my f***** vrou”, asook aan Anne Hicks: “Jou Boesmanb***h.”

Die voorval het op 21 Mei in Bergbron, Randburg plaasgevind, waarna die twee kleurlingvroue ‘n klag van aanranding gaan lê het. Daar bestaan blykbaar ‘n kringtelevisie-opname daarvan, wat in The Star se besit verkeer.

Volgens Hicks en Moodey “wou die blanke man hul motor se kantspieël breek” en het die blanke vrou die agterste motordeur teen Hicks se been gestamp.

Hicks woon in Sophiatown, die voormalige Triomf in Johannesburg.

‘n Woordvoerder van die polisie, adjudantoffisier Karen Jacobs, sê ‘n saak van aanranding is geopen en dat die polisie steeds met hul ondersoek besig is.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.