Trump het genoeg afgevaardigdes vir ‘n nominasie

Donald Trump het 1237 afgevaardigdes nodig gehad om die Republikeinse nominasie wen. Hy staan tans op 1238.

Met 303 afgevaardigdes op die spel in vyf state se voorverkiesing op 7 Junie, sal Trump maklik sy doelwit haal en ‘n betwiste konvensie in Cleveland systap.

Sekere belangegroepe binne sy party het gehoop om hom uit die resies vir die Amerikaanse presidentskap te hou met ‘n betwiste konvensie waar hulle ‘n ander kandidaat wou stel in sy plek.

Trump, ‘n politieke dier, een wat jare lank bytende kommentaar oor die stand van die VSA van die kantlyn af gelewer het, maar nog nooit aktief deelgeneem het nie, het 16 ander Republikeinse aanspraakmakers lag-lag verslaan.

Miljoene voetsoolvlak-aktiviste, baie van hulle buitestaanders van die politieke proses, het hom omhels as ‘n wenner wat nie doekies omdraai as dit by die kaalkopwaarheid kom nie.

Die voorsitter van die Colorado Republikeinse Party en ‘n ongebonde afgevaardigde wat sy ondersteuning aan Trump bevestig het, het gesê hy hou van die miljardêr se geskiedenis as ‘n sakeman.

“Leierskap is leierskap. As hy homself met politieke talent kan omring, ek dink hy sal goed wees.”

Trump se veldtogonkoste van $57 miljoen was besonder laag. Hy het die grootste deel daarvan gedek met sy eie geld wat hy geleen het aan die veldtog, ongeveer $43 miljoen.

Trump het ‘n nuwe fase van sy veldtog Dinsdagaand geloods met sy eerste groot veldtogfondsinsameling: ‘n Dinee in Los Angeles.

Trump, 69, die seun van ‘n New York eiendomsmagnaat, het voorheen finansiële teëspoed gehad, maar dit oorkom.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.