Treine by Stellenbosch gebrand

Deel op

Metrorail in die Wes-Kaap sê hy het begin om strenger veiligheidsmaatreëls in te stel in ‘n poging om die vandalisme op treine hok te slaan.

Treine tussen Stellenbosch en Klapmuts in die Wes-Kaap kon Donderdagmiddag weens hernude brandstigting by Muldersvlei nie loop nie.

Die Muldersvlei-stasie verbind Stellenbosch met Paarl en Wellington.

Die agentskap het samesprekings met die Kaapse Kamer van Koophandel en sake-eienaars in Kaapstad gevoer om die uitwerking van vandalisme op treindienste te bespreek.

Die skade aan infrastruktuur na ‘n uitgerekte staking het Metrorail reeds bykans R200 miljoen gekos.

Foto’s van Metrorail-treinwaens in ligte laaie is op Twitter versprei.

Die streekbestuurder, Richard Walker, sê hulle het onlangs ‘n hoëvlak gesprek oor veiligheid gevoer wat deur belangrike rolspelers bygewoon is.

Walker sê ingrypende besluite is op die vergadering geneem en pendelaars sal in die nabye toekoms voordeel trek daaruit.

Die jongste voorvalle van brandstigting kom nadat treinwaens op 9 en 15 April vanjaar ook uitgebrand is deur vandale, ‘n skade van ongeveer R70 miljoen.

Die brandstigting het by die Kaapstad-, die Esplanade- en die Kraaifontein-stasie voorgekom tydens ‘n onwettige staking van die vervoervakbond Satawu.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.