Kwaadwillige gerugte oor Parys-plaasaanval versprei

Deel op

ANC-handlangers is skynbaar besig met ‘n onverbloemde heksejag teen wit mans wat hulself wou beskerm teen swart plaasaanvallers.

Elf wit mans, waaronder ‘n 17-jarige seun en ‘n polisiebeampte, verskyn vandag in die Parys-landdroshof in verband met die moord op twee vermeende swart plaasaanvallers.

Die mans, meestal boere, het na bewering vir Samuel Tjixa en Simon Jubeba op 6 Januarie vermoor nadat hulle glo ‘n bejaarde boer op sy plaas buite Parysaangeval het.

Loedie van der Westhuizen (73) is verwant aan vyf van die beskuldigdes.

Kwaadwillige gerugte word nou as “harde nuus” versprei deur amptelike nuuskanale dat die boer nie aangeval is nie, maar dat hy homself beseer het.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het dit intussen as spekulasie afgemaak.

Vier nuwe verdagtes, insluitend die minderjarige seun, is Dinsdag in verband met die moorde in hegtenis geneem en het gister in die hof verskyn.

Miela Jansen van Vuuren, Cor Loggenberg en Loedie van der Westhuizen is borgtog van R10 000 toegestaan terwyl die minderjarige in die sorg van sy ouers vrygelaat is.

Aanklagte teen nóg twee mans, ‘n pa en seun, is vroeër laat vaar weens ‘n gebrek aan bewyse.

Die ander verdagtes wat vandag verskyn is die bejaarde Van der Westhuizen se seun, Boeta, Anton Loggenberg, polisiekaptein Henk Prinsloo, Fanie Oosthuizen, en Wian, Müller en Lodewikus van der Westhuizen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.