Twitter herontwerp 140 karakter-ruimte

Deel op

Twitter se 140-karakterperk in hul twiets sal aangepas word om effens langer boodskappe toe te laat.

Die maatskappy spreek egter net “een simptoom” van hul grootste uitdaging aan: Die groei van sy gehoor, wat in die afgelope jaar afgeplat het.

Twitter se probleme om nuwe gebruikers lok en te behou sal nie opgelos word met hierdie nuwe veranderinge nie, meen markontleders.

“Die kernprobleem is die verkryging van nuwe gebruikers en om hulle in lojale gebruikers met verloop van tyd te omskep,” het ‘n ontleder van Gartner, Brain Blau gesê.

“En ons het niks van Twitter nog gesien wat my laat glo dat hulle die fundamentele probleem aanspreek nie.”

Skakels na webwerwe en foto’s gaan voortaan nie meer as karakters tel nie.

Twitter dreig al geruime tyde om die aantal karakters te heroorweeg.

Webskakels word outomaties deur Twitter verkort, maar die stelsel het nogtans gesorg dat gebruikers aan ruimte inboet.

Jack Dorsey, ­medestigter en uitvoerende hoof, het vroeër gesê hulle sal beter maniere ondersoek sodat skermgrepe van teks of sogenaamde “twietstorms” – opeenvolgende twiets oor dieselfde onderwerp – nie geplaas hoef te word nie.

Dorsey het in Maart gesê die karakterperk sal bly.

Die perk is aanvanklik ingestel omdat 160 karakters voorheen die perk was op mobiele teksboodskappe toe Twitter in 2006 bekend gestel is.

Tans onderskei die karakterperk Twitter van ander sosiale media, soos Facebook, wat al vroeg-vroeg die hoeveelheid karakters opgehef het.

Twitter is ideaal vir nuus en regstreekse gebeure.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.