Grondgrypwetsontwerp aanvaar

Deel op

Die gevreesde Onteieningswetsontwerp is Donderdag deur die parlement aanvaar met die wysigings wat deur die Nasionale Raad van Provinsies aangebring is.

Al die opposisiepartye behalwe die EFF het daarteen gestem.

Pres. Zuma het die tweede fase van grondgryp wat sal binnekort begin, geloof as die einde van armoede.

Die minister het dus die mag verkry om eiendom te vat indien dit in die “openbare belang” is.

Die DA, die Vryheidsfront Plus, die UDM en die ACDP het teen die wetsontwerp gestem omdat die minister van Openbare Werke nou by magte sal wees om grond namens staatsinstansies te onteien, ook sonder vergoeding.

Die grootliks tandelose opposisie meen die wetgewing voldoen nie aan die bepalings van die Grondwet nie.

Die wetsontwerp word nou na President Jacob Zuma gestuur vir promulgering.

Die Openbare Werkekomitee het vroeër die Onteieningswetsontwerp met kosmetiese wysigings deur die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar.

Die Raad het die maatreël verlede week aanvaar en na die Nasionale Vergadering teruggestuur vir goedkeuring omdat hy veranderings aan die oorspronklike wetsontwerp aangebring het wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is.

Die voorsitter van die komitee, Ben Martins, sê die komitee is “tevrede” met die onbenullige veranderings wat in klousule 19 van die wetsontwerp deur die Nasionale Raad van Provinsies aangebring is.

Die oorspronklike maatreël het daarvoor voorsiening gemaak dat die publiek en betrokke partye 20 dae het om te reageer op enige onteieningsproses.

Die tydperk is nou tot 30 dae verleng.

In die geval waar eiendom onteien word, het die publiek nou 20 dae om “navraag” te doen.

Maar aangesien die hele Wetsontwerp ‘n politieke klug is, sal die besware daarteen op ‘n klugtige wyse besleg word, meen ontleders.

Al die provinsies behalwe die Wes-Kaap waar die DA aan beheer is, het ten gunste daarvan gestem.

President Jacob Zuma het gesê die regering sal sy pogings verskerp om te verseker dat grondverkryging dringend aandag kry.

Hy het vroeër op Skukuza in die Nasionale Krugerwildtuin 84 miljoen rand aan ses gemeenskappe van Mpumalanga en Limpopo oorhandig vir die grond wat in 1913 deur die destydse Unieregering onteien is.

Volgens hom sal armoede nou iets van die verlede wees.

Georganiseerde landbou het die regering se nuutste grondherverdelingsplanne gekritiseer en gesê hulle sal die Grondwethof nader daaroor.

As grond teen minder as markverwante pryse gekonfiskeer word, sal GraanSA sowel as AgriSA dulke stappe in die hof beveg, het landbouleier gesê.

Die vakbondfederasie Cosatu het die parlement geloof vir die aanvaarding van die Wetsontwerp.

Matthew Parks sê Cosatu steun die artikels in die wetgewing wat voorsienig maak vir die onteiening van grond en ander eiendom om die nalatenskap van apartheid en kolonialisme reg te stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.