Nog ‘n dag van amok in Durban, Johannesburg

Deel op

Oproeriges het Maandag Jozini in die noorde van KwaZulu-Natal tot stilstand gedwing.

Die oproermakers versper paaie met vullis, en sake-ondernemings en skole moes sluit weens dreigemente van geweld.

Inwoners is glo ontevrede oor swak dienslewering, veral ‘n tekort aan water.

Twaalf mense wat vroeër in hegtenis geneem is op aanklagte van openbare geweld, verskyn vandag in die Jozini Landdroshof.

Net suid van Durban is die R-603 by Mbumbulu ook deur oproeriges versper.

Hulle het onder meer ‘n vragmotor en die kantore van die plaaslike raadslid en die onderwysdepartement aan die brand gesteek.

‘n Polisiewoordvoerder sê getalle van oproermakers het toegeneem deur die loop van oggend.

Die polisie monitor die situasie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Suid van Johannesburg, by Ennerdale en Lawley, is paaie deur oproeriges paaie versper.

Die Goue Hoofweg is ook met brandende bande en klippe onbegaanbaar gemaak.

‘n Woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, Edna Mamonyane vra motoriste om van alternatiewe roetes gebruik te maak.

Swart inwoners is ontevrede oor behuising en het leerlinge wat wou skool toe te gaan, afgedreig.

Manonyane het ook gesê nog beamptes moes ontplooi word om die situasie onder beheer te bring.

In Ennerdale sê leerlinge hulle is deur amokmakers geïntimideer en skoolbusse is nie in die woongebied toegelaat om deur te beweeg nie.

Inwoners is ontevrede oor die gebrek aan behuisingsontwikkeling in die gebied. Hulle sê die regering het twee jaar gelede ‘n stuk grond geïdentifiseer en onderneem om huise te bou. Tot dusver was daar geen ontwikkeling nie.

In Kaapstad word die MyCiti -busdiens in Table View word deur ‘n onbeskermde staking ontwrig.

Die burgemeesterskomiteelid vir vervoer, Brett Herron sê busbestuurders in diens van een van die MyCiti-operateurs, Kidrogen verhoed ander busse om op omliggende roetes te werk.

Geen geweld is nog aangemeld nie.

Die stad Kaapstad sê bykomende busse is op roetes wat geraak word in die Table View-gebied ontplooi.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.