Taliban kies nuwe leier ná VSA-aanval

Die Taliban in Afganistan het gister sy nuwe leier aangewys nadat die vorige leier, Moellah Akhtar Mansoer, Saterdag in ’n Amerikaanse lugaanval dood is.

Haibatoellah Akhoenzada, wat adjunkleier was, is as die nuwe leier aangewys, het Reuters berig.

Hy is ook die voormalige hoof van die Talibanse regbank. Pres. Barack Obama het Maandag bevestig Mansour is in ’n Amerikaanse lugaanval dood.

Obama het toestemming gegee vir die aanval met onbemande vliegtuie Saterdag in ’n afgeleë gebied van Pakistan, net binne die grens met Afganistan.

Pres. Barack Obama het tydens sy reis na Viëtnam gesê die aanval is geoorloof, maar ontleders sê die stap sal niks doen om die insurgensie te laat ophou nie.

Die Taliban het binne drie dae ‘n nuwe leier aangewys.

Die VSA het klaarblyklik die vir Mansoer in Pakistan om die lewe gebring en nie in Afghanistan waar hulle ontplooi is nie.

Sy besoek aan ­Viëtnam het origens in ’n gees van welwillendheid tussen die twee voormalige vyande verloop.

Dit het aan die lig gekom dat sommige leiers verbied is om ’n ­vergadering by te woon wat Obama met gemeenskapsleiers gehad het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.