NW bring kriminele klag teen munispiale bestuurder

Deel op

Die Noordwes-wetgewer het, in ‘n ongekende stap, ‘n kriminele klag gelê teen die munisipale bestuurder van die Naledi Munisipaliteit, wat Vryburg insluit.

Die klag, minagting van die wetgewer, spruit uit ‘n voorval vroeër vandeesmaand toe Modisenyane Segapo tydens ‘n sitting van die staande komitee oor openbare rekeninge uitgestap het.

Segapo het voor die komitee verskyn om verslag te doen oor dié munisipaliteit se ouditeur-generaalsverslag vir die 2014/15-boekjaar.

Die voorsitter van die komitee, Mahlakeng Mahlakeng, sê Segapo moes vrae oor sowat R300 miljoen se onregmatige uitgawes beantwoord, maar het uitgestap en geweier om terug te kom.

Selfs nadat die burgemeester gestuur is om hom te gaan haal, het hy verseg om vrae te gaan beantwoord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.