Dodelike vlaag aanvalle deur ISIS in Sirië

Deel op

Minstens 101 mense is die week in twee regeringsbastions in Sirië dood in ‘n vlaag aanvalle waarvoor die Islamitiese Staat (ISIS) aanspreeklikheid aanvaar het.

Altesaam 53 mense is dood in die stad, Jableh en ‘n verdere 48 is in Tartus, verder suid dood, het AFP berig.

Volgens ‘n woordvoerder van die organisasie Rami Abdel Rahman, is dit “sonder twyfel die dodelikste aanvalle” op die twee stede sedert die konflik in Sirië in Maart 2011 begin het.

Sewe bomme, waarvan die meeste selfmoordbomaanvalle was, het Jableh en Tartus Maandagoggend byna gelyktydig getref.

Die Siriese staatsmedia het ook oor die aanvalle verslag gedoen en die staatstelevisie het beeldmateriaal van ‘n bushalte in Tartus, vertoon waar een van die aanvalle plaasgevind het.

Die uitgebrande wrakke van minibusse was op die toneel sigbaar, terwyl ander voertuie nog in ligte laaie was.
Ander teikens was nog ‘n bushalte en ‘n regeringshospitaal.

Albei stede is vestings van die bewind van pres. Basjar al-Assad, wie se familie oorspronklik van die Qardaha-nedersetting, net 25 kilometer oos van Jableh afkomstig is.

Die stede was tot nou toe redelik afgesonder van die oorlog wat in Sirië woed en waarin minstens 270 000 mense sedert 2011 omgekom het.

Washington sal voortgaan om ‘n rebellegroep wat na bewering met ‘n bloedbad in Sirië verbind word, te steun.

Die groep is glo “gekeur” deur die Saoedi’s en het ‘n rol in die Siriese politieke proses gespeel, die Department van buitelandse sake se woordvoerder gesê.

Ahrar Al-Sham (Harakat Ahrar ash-Sham al-Islamiyya) is een van die grootste rebellegroepe in Sirië, en behoort aan die Saoedi-gesteunde onderhandelingskomitee.

Dit word beskou as ‘n party tot die Siriese skietstilstand, wat tans onderhandel wprd met Rusland en die VSA.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.