Die munisipale bestuurder van die Moqhaka-munispaliteit en verskeie rolspelers vergader Vrydag om die waterkrisis in Kroonstad te bespreek.
Die woordvoerder van dié munispaliteit, Khojane Madiba, het aan OFM gesê hulle sal dan kommentaar op die kwessie lewer.
Die Bloemhoekdam, wat water aan Kroonstad verskaf, is nou minder as 1% vol.
Inwoners van die dorp het aan OFM-nuus gesê hulle vrees dat hulle binnekort geen water sal hê nie. Besighede in die dorp word ook geraak deur die krisis.
Gerhard Pretorius, eienaar van Pure Drop Water in Kroonstad, sê intussen dat die water nie noodwendig vuil is nie maar dat die vraag daarna vergroot.
‘n Waterkundige in Kroonstad, Theuns de Bruyn, is van mening dat die droogte en swak bestuur van die munisipaliteit van die hoofredes is vir die huidige waterkrisis.
Vroeër dié maand is berig oor ‘n soortgelyke waterkrisis in Qwaqwa in die Oos-Vrystaat.
Dit is volgens die Bakoena Koninklike Huishouding se woordvoerder, Dan Mbuli.
Mbuli sê omliggende dorpe word die ergste deur die situasie geraak.
Die Bakoena hoofman, Thokoana Mopeli, sal die verspreiding van 300 waterhouers (20 liter elk) onder Qwaqwa gemeenskappe oorsien.
“Sommige gebiede se dorpe het nie water sedert Junie verlede jaar nie. Water word versprei aan hulle deur verskeie organisasies en die munisipaliteit, selfs al is Qwaqwa ‘n opvanggebied vir die Vaalwaterskema.”
Die inwoners van Qwaqwa moet op watertenkwaens wat water vervoer, staatmaak.