Zuma meen sy kanse op sukses teen spioenasiebande is goed

Deel op

Pres. Jacob Zuma meen sy kanse om met suskses te appelleer teen die hofbeslissing rakende spioenasie bande, is goed.

Sy regsverteenwoordiger Shaun Abrahams het Maandagoggend aangekondig dat die nasionale vervolgingsgesag (NVG) sal appelleer teen die uitspraak.

Luidens die vroeëre hofbeslissing van die hooggeregshof in Pretoria in April, moet Zuma tereg staan op 783 klagte van rampokkery, korrupsie en bedrog. Die proses sal sowat ‘n jaar neem.

Die hof het bevind die besluit om die 783 klagte in 2009 teen Zuma te laat vaar, is “irrasioneel.”

Die klagte teen Zuma hou verband met betalings aan sy voormalige finansiële adviseur, Schabir Shaik wat namens die Franse maatskappy Thint betrokke was by die wapenskandaal, soos deur die grondwetlike hof bevind.

Abrahams sê die hooggeregs­hof se beslissing hou implikasies in vir die skeiding van magte.

“Ek glo hierdie kwessies moet deur ’n appèlhof beoordeel word. Ek het dus besluit om aansoek te doen om verlof tot appèl. Hier is baie kwessies waaroor uitsluitsel verkry moet word.“

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.