Geen plofstof op menslike oorskot van EgyptAir-ramp nie

Deel op

Egipte het Sondag ’n duikboot gestuur om te help met die soektog na die vlugopnemers van die straler van Egypt­Air wat in die Middellandse See neergestort het. Al 66 mense aan boord het gesterf.

Honderde mense het Sondag in die Koptiese Christelike kerkgebou in Kaïro vergader om vir naasbestaandes onder die slagoffers te bid.

Daar is nog geen aanduiding wat tot die neerstorting van vlug 804 van Parys na Kaïro gelei het nie, ten spyte van spekulasie oor plofstof.

Egipte se pres. Abdel-Fattah el-Sissi sê dit sal tyd neem om vas te stel wat presies aan boord van die Airbus A320 gebeur het.

Menslike oorskot dui daarop dat daarop dat geen plofstof gebruik is nie, het ‘n Egiptiese forensiese beampte en ondersoekbronne gesê.

Egipte se lugvaartnywerheid is onder die interna­sionale vergrootglas sedert 31 Oktober verlede jaar. Toe het ’n Russiese Airbus A321 onderweg van die Rooi See oord Sharm el-Sheikh onderweg na St. Petersburg, in die Sinai-skiereiland neergestort.

Altesame 224 mense het in daardie ongeluk die lewe gelaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.