Twee Rooi Miere gedood in uitsettingsgeweld

Deel op

‘n Uitsettingsoperasie buite Pretoria het dodelik geëindig toe duisende plakkers slaags geraak het met Rooi Miere. Minstens twee is dood en ses ernstig beseer.

Plakkers uit Suurman, buite Hammanskraal, het busse aan die brand gesteek asook vragmotors, en paaie met rommel en brandende bande afgesper.

Drie busse is uitgebrand en inwoners het parte van die voertuie begin steel. Verkeer in die gebied is ook ontwrig.

Burgemeester Ramokgopa het die Hammanskraal geweld veroordeel, maar ook beloof om meer te doen om te verseker dat uitsettings met menslikheid uitgevoer word.

Die Rooi Miere het blykbaar aangekom kort nadat die meeste mense vir werk vertrek het.

Gemeenskapsleier Jakes Maleka het gesê: “Daar was geen waarskuwing nie, net ‘n hofbevel, maar dit dateer uit 2014.”

Terwyl inwoners hul huise Maandagaand herbou het, het hulle gereed gemaak vir die terugkeer van die Rooi Miere.

“Mense is woedend. Ons wag nou. Ons sal onsself bewapen en terugveg. Vier is vandag dood en indien meer terugkom sal hulle weer seerkry.”

Gemeenskapsleiers sê inwoners is die grond deur die tradisionele raad belowe en dat hulle dokumente het om dit te bewys.

Maar ‘n woordvoerder van Tshwane, Selby Bokaba het gesê sowat 16,000 huishoudings beset grond in Hammanskraal en omliggende gebiede onwettig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.